Piet Botha

"In die Transvaal"

IN DIE TRANSVAAL Lyrics by Piet Botha
Die donderweer raas oor jou radio
Die nag kom aan
Nog 'n vaal skemer het gekom en gegaan
Gister hang soos 'n landskap
In 'n goue raam,
Jy wonder wat pla jou,
jy voel so oud vanaand
Jy's lewenslank in die wilde Transvaal
Hier's 'n deurnagdiens vir
'n man soos jy, 'n man soos jy
Wonder jy wanneer kom
die Oubaas jou haal
Is jou huur betaal kan jy vir
altyd hier bly? In die Transvaal
Die brandewyn raas soos 'n rodeo
Met 'n engel in die saal Sy vra jou naam en trou met jou
Hou 'n gront onthaal
Jare daarna is jy eensaam,
en grys met 'n glas

Dis dop en dam en deesdae
Is die linkerbaan jou baas
jy's lewenslank in die harde Transvaal
By die vurk in die pad skiet jy links

en dan hou jy net aan en aan on as die derde kraai vlieg
gaan jy staan en klim deur die drade
jy's lewenslank in die bitter Transvaal.
  • 5435 Likes
  • 27435 Views
  • 252 Comments
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z